Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Terugflitse" deur P.J. PHILANDER
"Terugflitse" deur P.J. PHILANDER [boodskap #17359] So, 06 September 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
TERUGFLITSE
P.J.Philander

Vir haar pa se trapvloer op die Vlakte
is daar lank nie meer gebruik
en deesdae kom geen heuning meer
uit Robberg vir haar ma se kruik.

Die net waarmee die harders voorheen
getrek was in Keurboomsrivier,
lê nou verflenterd op Harkerville teen
die ou opstal se buitemuur.

En behalwe hul grafstene het nog vier
bygekom in die soelte van Plettenbergbaai
terwyl sneeuvlokkies in die vreemde hier
soos kattebelletjies oor hare waai.

(Geskryf in New York na sy vrou se dood.)
Vorige onderwerp: Gedigte deur PHILIP DE VOS
Volgende onderwerp: "Winternag" deur EUGENE MARAIS (with translation)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 03:58:36 MGT 2024